13. Dit was die geluid van die vlerke van die lewende wesens wat teen mekaar geskuur het en die gerommel van die wiele onder hulle.
14. Die Gees het my toe opgetel en weggevat. Ek was verbitterd en kwaad, maar die Here het my veilig vasgehou.
15. Ek het by die Judese ballinge gekom wat langs die Kebarrivier bly. Ontsteld en verstom het ek sewe dae lank tussen hulle gesit.
16. Toe die sewe dae verby is, het die Here vir my ’n boodskap gegee. Hy het gesê: