Esegiël 29:17-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

17. Op 26 April, in die 27ste jaar wat koning Jojagin in ballingskap was, het die Here vir my gesê:

18. “Mensekind, die leër van koning Nebukadnesar van Babilon het so hard teen Tirus baklei dat die soldate se koppe kaal geskaaf en hulle skouers deurgeskuur is. Maar hulle kon niks as buit uit Tirus saamneem om die soldate mee te vergoed nie.

19. Daarom sê die oppermagtige Here: Ek gaan Egipte aan Nebukadnesar, koning van Babilon, gee. Hy dra Egipte se rykdom weg en plunder sy skatte om sy leër se lone te betaal.

20. Ek gee hom Egipte as beloning vir sy werk, sê die oppermagtige Here, want hy het vir My gewerk toe hy Tirus verwoes het.

Esegiël 29