1. Op 7 Januarie, in die tiende jaar wat koning Jojagin in ballingskap was, het die Here vir my gesê:
2. “Mensekind, draai in die rigting van Egipte en profeteer teen die farao, die koning van Egipte, en al sy mense.
3. Sê vir hulle die oppermagtige Here sê: “Ek is jou vyand, Farao, koning van Egipte. Jy is ’n groot monster in die Nyl wat sê: ‘Die Nyl behoort aan My. Ek het dit self gemaak.’
4. Ek sit hake in jou kakebeen en sleep jou uit die rivier terwyl die visse vassit aan jou skubbe.
5. Ek gooi jou in die woestyn, jy en al die visse in jou.Niemand sal jou begrawe nie, want Ek maak jou kos vir die wilde diere en die voëls.
6. “Die mense van Egipte sal ontdek dat Ek die Here is, want jy was soos ’n riet waarop Israel wou leun.