Esegiël 23:26-31 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

26. Jou klere en juwele sal hulle vir hulleself vat.

27. So maak Ek ’n einde aan jou afstootlike optrede en prostitusie wat jy van Egipte af saamgebring het. Jy sal nooit weer na jou minnaars soek nie, en nie meer aan Egipte dink nie.

28. “So sê die oppermagtige Here: Ek sal jou oorgee aan jou vyande, dié wat jy geminag het.

29. Hulle sal jou met haat behandel, alles vat waarvoor jy gewerk het, en jou kaal agterlaat. Die hele wêreld sal jou kaal sien staan in jou afskuwelike onsedelikheid.

30. Ek het dit alles oor jou gebring omdat jy ’n prostituut vir die nasies geword het en jou met hulle afgode besoedel het.

31. Jy het nes jou sussie gemaak; daarom straf Ek jou op dieselfde manier as vir haar.

Esegiël 23