Esegiël 15:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here het vir my nog ’n boodskap gegee:

2. “Mensekind, hoe vergelyk ’n wingerdstok met ’n boom in die woud? Is ’n wingerdstok se hout so nuttig soos die boom se hout?

3. Kan sy hout gebruik word om daarvan gebruiksartikels te maak, soos penne waaraan jy iets kan ophang?

4. Nee, dit kan net as brandhout gebruik word. En as albei kante van die stok gebrand het en die middel is geskroei, is dit dan nog enigsins bruikbaar?

5. Jy kon dit nie vir enigiets gebruik toe dit heel was nie. Hoeveel minder kan dit in iets nuttigs verander word as die vuur dit gebrand het en dit geskroei is?

Esegiël 15