Esegiël 11:23-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

23. Toe het die heerlikheid van die Here uit die stad opgestyg en bokant die berg aan die oostekant van die stad gaan staan.

24. Hierna het die Gees van God my na die ballinge in Babilon teruggeneem. Dit was die gesig wat ek gesien het.

25. En ek het die ballinge alles vertel wat die Here vir my gewys het.

Esegiël 11