Esegiël 11:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Gees het my toe opgelig en na die oostelike ingang van die tempel van die Here gebring. Daar sien ek toe 25 leiers van die stad. Tussen hulle was Jaäsanja seun van Assur en Pelatja seun van Benaja. Hulle was leiers van die volk.

2. Die Gees sê toe vir my: “Mensekind, dít is die mans wat bose planne uitdink en slegte advies in hierdie stad gee.

Esegiël 11