Eksodus 25:32-35 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

32. Dit moet ses arms hê. Drie arms moet aan elke kant van die stam uitkom.

33. Aan elke arm moet daar ’n kelkie wees wat lyk soos ’n amandelbloeisel, kompleet met knoppe en blare.

34. Die steel in die middel moet vier amandelbloeisels hê met knoppe en blare.

35. Waar die arms uit die steel kom, moet elke paar aan die onderkant ’n blomknop hê.

Eksodus 25