Die Here sê toe vir Moses: “Jou tyd het gekom om by jou voorouers aan te sluit. As jy eers weg is, gaan hierdie volk vreemde gode begin aanbid, die gode van die land waarheen hulle nou gaan. Hulle gaan My verlaat en die verbond verbreek wat Ek met hulle gesluit het.