Deuteronomium 25:11-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

11. “As twee mans baklei en die vrou van die een probeer om haar man te help deur die ander man aan sy geslagsdele te gryp,

12. moet haar hand sonder verskoning afgekap word.

13. “Jy moet akkurate skale gebruik wanneer jy goed afweeg.

14. Jy moet ook die volle en eerlike maatbakke gebruik.

15. Gebruik die regte gewigte en maatbakke sodat jy ’n lang lewe mag geniet in die land wat die Here jou God vir jou gee.

Deuteronomium 25