Daar is ’n man in jou koninkryk in wie die gees van die heilige gode woon. In die dae van jou voorganger het dit duidelik geword dat hy insig, begrip en wysheid het soos dié van die gode self. Jou voorganger Nebukadnesar het hom aangestel as hoof oor sy towenaars, besweerders, voorspellers en sterrekykers.