Daniël 4:7-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. “Toe al die towenaars, besweerders, voorspellers en sterrekykers gekom het, het ek vir hulle gesê wat ek gedroom het. Hulle kon egter nie vir my sê wat dit beteken nie.

8. “Op die ou einde het Daniël na my toe gekom. Ek het hom na my god Beltsasar vernoem, want die gees van die heilige gode is in hom. Ek het vir hom vertel wat ek gedroom het.

9. Ek het vir hom gesê: ‘Beltsasar, leier van die towenaars, ek weet dat die gees van die heilige gode in jou is. Geen geheim is vir jou te groot nie. Ek sal jou vertel wat ek gedroom het, dan moet jy vir my sê wat dit beteken.

10. “‘Ek het op my bed gelê en in die middel van die wêreld ’n hoë boom gesien.

Daniël 4