Amos 2:10-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. “Dit is Ek wat julle bevry het uit Egipte.Ek het julle 40 jaar lankdeur die woestyn geleiom die land van die Amorietein besit te neem.

11. Sommige van julle seunshet Ek gekies om profete te wees. Ander jong mans het Ek gekiesom nasireërs te wees.”Die Here vra: “Is dit nie so nie, mense van Israel?

12. Julle laat nasireërs sondigdeur hulle wyn te laat drink.Vir die profete sê julle:‘Moenie profeteer nie!’

13. “Ek sal julle laat kreun soos ’n wa kreun wat met graangerwe oorlaai is.

14. Julle vinnigste hardloperssal nie wegkom nie.Die sterkes se krag sal nutteloos wees.Selfs die dapperste vegters sal hulleself nie kan red nie.

Amos 2