2. Vertrou die waarhede wat jy voor baie getuies van my gehoor het, toe aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.
3. Verduur saam met my lyding soos ’n goeie soldaat van Christus Jesus.
4. Geen soldaat raak verstrengeld in die beslommernisse van hierdie lewe nie, want dan kan hy die Een wat hom vir sy leër gewerf het, nie tevrede stel nie.
5. ’n Atleet word nie gekroon as hy nie volgens die reëls deelneem nie.
6. Hardwerkende boere is die eerste wat die vrug van hulle arbeid geniet.
7. Dink na oor wat ek sê. Die Here sal jou help om al hierdie dinge beter te begryp.
8. Onthou voordurend dat Jesus Christus uit koning Dawid se nageslag gebore is en dat Hy uit die dood opgewek is. Dit is die Goeie Nuus wat ek verkondig.
9. En omdat ek hierdie Goeie Nuus verkondig, ly ek en is ek soos ’n misdadiger in kettings geslaan. Maar die woord van God kan nie vasgeketting word nie.
10. Ek is bereid om vir dié wat deur God gekies is, enigiets te verduur as dit vir hulle deur Christus Jesus verlossing en ewige heerlikheid sal bring.
11. Hierdie woord is absoluut waar:As ons saam met Hom sterf,sal ons ook saam met Hom lewe.