4. Dawid was 30 jaar oud toe hy koning geword het, en hy het altesaam 40 jaar lank regeer.
5. Hy het sewe en ’n half jaar in Hebron oor Juda regeer, en in Jerusalem 33 jaar oor Israel en Juda saam.
6. Dawid en sy persoonlike leër het teen Jerusalem opgeruk waar die Jebusiete gewoon het. “Jy sal nooit hier inkom nie,” tart die Jebusiete hom en sê: “Selfs die blindes en die lammes sal julle hier uit hou!” Hulle het gedink: “Dawid sal nooit hier kan inkom nie.”
7. Nogtans het Dawid die Sionsvesting verower. Dit word nou genoem die Stad van Dawid.