2 Samuel 22:25-30 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

25. Die Here het my opregtheid beloon,want ek was onskuldig voor Hom.

26. Vir die getroues is U getrou;vir die opregtes is U opreg.

27. Vir dié wat rein is, is U rein;vir dié wat vals is, is U vals.

28. U red hulle wat nederig is,maar U vernederdie hoogmoediges.

29. U is my lig, o Here.Here, U verlig my duisternis.

30. Met U loop ek ’n leër storm,met my God spring ek oor ’n muur.

2 Samuel 22