2 Samuel 22:18-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

18. Hy verlos my van magtige vyande,van haters wat te sterk was vir my.

19. Hulle het aangeval toe ek swak was,maar die Here hou my staande.

20. Hy lei my na ’n oop ruimte,en red my omdat Hy my liefhet.

21. Die Here beloon my opregtheid;Hy vergoed my onskuld,

22. Want ek was getrouaan die voorskrifte van die Here;ek was nie skuldig teenoor my God nie.

23. Sy voorskrifte het ek gevolgen van sy bepalings nie afgewyk nie.

24. Ek is onskuldig voor Homen het myself weerhou van sonde.

25. Die Here het my opregtheid beloon,want ek was onskuldig voor Hom.

2 Samuel 22