4. “Wel,” antwoord die Gibeoniete, “dit gaan nie om silwer of goud nie. Ons wil ook nie hê dat een Israeliet doodgemaak word nie.”“Sê my net wat wil julle hê,” sê Dawid, “en ek sal dit vir julle doen.”
5. Hulle het geantwoord: “Dit gaan om die man wat ons wou uitwis en beplan het dat ons geen plek binne die grondgebied van Israel sou hê nie.
6. Sewe mans uit sy familie moet aan ons uitgelewer word sodat ons hulle voor die Here in Gibea van Saul, die een wat die Here uitgekies het, kan teregstel.”“Dis goed so,” sê die koning. “Ek sal dit doen.”
7. Dawid het Mefiboset seun van Jonatan en kleinseun van Saul se lewe gespaar op grond van die eed wat hy en Saul se seun Jonatan voor die Here afgelê het.