2 Kronieke 9:25-31 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

25. Salomo het 4 000 stalle vir perde en strydwaens gehad en 12 000 perderuiters. Hy het hulle in die strydwadorpe aangehou en ook by die koning in Jerusalem.

26. Hy het oor al die konings geheers, vanaf die Eufraatrivier tot by die land van die Filistyne en die grens van Egipte.

27. Silwer was so volop soos klippe in Jerusalem en seders so algemeen soos wildevyebome in die Laeveld.

28. Sy perde het hy uit Egipte en baie ander lande ingevoer.

29. Die res van die gebeurtenisse tydens Salomo se bewind, van die begin tot die einde, is opgeteken in Die vertellings van die profeet Natan, in Die profesieë van Agija van Silo, en in Die visioene van die siener Jedi oor Jerobeam seun van Nebat.

30. Salomo het 40 jaar in Jerusalem oor die hele Israel geheers.

31. Toe hy sterf, is hy begrawe in die familiegraf in die Dawidstad. Sy seun Rehabeam het in sy plek koning geword.

2 Kronieke 9