1. Nadat Salomo al die werksaamhede in verband met die bou van die Here se tempel afgehandel het, het hy die gewyde voorwerpe van sy pa, koning Dawid, gebring. Dit het al die silwer en goue toebehore ingesluit wat in die skatkamer van die tempel van God bewaar is.
2. Salomo het toe die leiers van al die stamme en families van Israel opgeroep om in Jerusalem bymekaar te kom. Hulle moes die verbondsark van die Here uit Sion, die Dawidstad, bring.
3. Hulle het almal voor die koning bymekaargekom tydens die jaarlikse feesdag in die sewende maand.
4. Toe al die leiers van Israel aangekom het, het die Leviete die ark opgetel