2 Kronieke 17:15-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

15. Joganan het 280 000 manskappe aangevoer.

16. Dan was daar Amasja seun van Sikri wat vrywillig vir die Here diens gedoen het en 200 000 man onder sy bevel gehad het.

17. Uit Benjamin was daar 200 000 manskappe, toegerus met pyl en boog en skilde. Hulle was onder bevel van Eljada, ’n veteraan.

18. Die volgende bevelvoerder was Josabad met 180 000 gewapende manne onder hom.

19. Dit was die soldate wat in Jerusalem gestasioneer was om tot diens van die koning te wees, benewens dié wat Josafat in die versterkte stede in die hele Juda geplaas het.

2 Kronieke 17