2 Kronieke 17:12-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. Josafat het al magtiger geword en het vestings en voorraadstede oral in Juda gebou

13. en in elke dorp van Juda baie voorrade gehad, en het ’n leër van geharde soldate in Jerusalem geplaas.

14. Sy leër is volgens families saamgestel.Uit Juda was daar 300 000 manskappe, georganiseer in eenhede, en onder die bevel van Adna.

15. Joganan het 280 000 manskappe aangevoer.

16. Dan was daar Amasja seun van Sikri wat vrywillig vir die Here diens gedoen het en 200 000 man onder sy bevel gehad het.

17. Uit Benjamin was daar 200 000 manskappe, toegerus met pyl en boog en skilde. Hulle was onder bevel van Eljada, ’n veteraan.

18. Die volgende bevelvoerder was Josabad met 180 000 gewapende manne onder hom.

19. Dit was die soldate wat in Jerusalem gestasioneer was om tot diens van die koning te wees, benewens dié wat Josafat in die versterkte stede in die hele Juda geplaas het.

2 Kronieke 17