2 Kronieke 17:11-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

11. Sommige van die Filistyne het vir hom geskenke van silwer as belasting gebring. Die Arabiere het 7 700 ramme en 7 700 bokramme gebring.

12. Josafat het al magtiger geword en het vestings en voorraadstede oral in Juda gebou

13. en in elke dorp van Juda baie voorrade gehad, en het ’n leër van geharde soldate in Jerusalem geplaas.

14. Sy leër is volgens families saamgestel.Uit Juda was daar 300 000 manskappe, georganiseer in eenhede, en onder die bevel van Adna.

15. Joganan het 280 000 manskappe aangevoer.

2 Kronieke 17