6. het ons opgetree met integriteit, met begrip, met verdraagsaamheid en vriendelikheid, deur betoning van die teenwoordigheid van die Heilige Gees, deur opregte liefde,
7. deur die boodskap van die waarheid en in die krag van God. Ons tree op met die wapens van geregtigheid in ons regter- en linkerhand,
8. in eer en oneer, in veragting en aanprysing; soos verleiers, en tog is ons opreg;
9. soos onbekendes, en tog is ons goed bekend; soos mense wat sterwend is, en kyk, ons lewe; as gegéseldes, en tog is ons nie doodgemaak nie;
10. as bedroefdes, en tog is ons altyd blymoedig; soos bedelaars, maar ons verryk baie mense; soos mense wat niks besit nie, en tog besit ons alles.
11. Ons het ons monde tot julle voordeel oopgemaak, Korintiërs; ons harte is regtig oop vir julle.
12. Ons het nie teenoor julle voorbehoude gehad nie, maar julle het wel in julle binneste voorbehoude teenoor ons gehad.