2 Korintiërs 6:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. As julle medewerkers smeek ons julle om toe te sien dat julle die genade van God nie tevergeefs ontvang het nie.

2. Want Hy sê:“Op die regte tydhet Ek jou verhoor,en op die dag van verlossinghet Ek jou gehelp.”Inderdaad – dit is nóú die regte tyd; dit is nóú die dag van verlossing.

3. Ons gee niemand enige aanstoot nie, met die bedoeling dat ons bediening nie geblameer moet word nie.

2 Korintiërs 6