2 Korintiërs 4:3-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. As ons Goeie Nuus nog versluier is, is dit net bedek vir dié wat verlore gaan.

4. Dit is die god van hierdie bedeling wat die gedagtes van die ongelowiges verblind sodat hulle die lig van die Goeie Nuus nie kan sien nie. Dit is die Goeie Nuus van die heerlikheid van Christus, Hy wat die ewebeeld van God is.

5. Ons verkondig nie onsself nie, maar Jesus Christus as die Here, en onsself as julle diensknegte ter wille van Jesus.

6. God het gesê: “Laat daar lig skyn uit die duisternis.” So het Hy ook in ons harte ’n lig laat skyn om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God wat uit die gesig van Jesus Christus straal.

7. Ons het hierdie skat egter maar net in breekbare kleipotte – die allesoortreffende krag kom van God en nie van ons nie.

8. Op elke manier word ons onder druk geplaas,maar ons is nie verpletter nie; ons is verward,maar nie wanhopig nie;

9. ons word vervolg,maar nie in die steek gelaat nie;platgeslaan, maar nie vernietig nie.

2 Korintiërs 4