2 Konings 9:28-30 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

28. Sy dienaars het hom op ’n strydwa na Jerusalem toe geneem en hom daar in die familiegraf in die Stad van Dawid begrawe.

29. Ahasia het in die elfde jaar van koning Joram se bewind in Israel koning van Juda geword.

30. Toe Isebel, die koninginmoeder, hoor dat Jehu na Jisreël toe gekom het, het sy haar oë geverf, haar hare mooi gemaak en by ’n venster uitgekyk.

2 Konings 9