1 Tessalonisense 2:18-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

18. Ons wóú dus na julle toe kom – ek, Paulus, meer as een keer – maar Satan het ons gekeer.

19. Immers, as ons met Jesus ons Here se terugkeer voor Hom moet staan, wie sal ons vooruitsig of blydskap of erekrans wees, as dit nie julle is nie?

20. Júlle is mos ons eer en ons blydskap!

1 Tessalonisense 2