11. “Dis hoe ’n koning met julle sal maak,” sê hy. “Die koning sal die reg hê om julle seuns op te roep vir sy diens, sommige by sy wa en perderuiters, ander om voor sy wa uit te hardloop.
12. “Sommige sal bevelvoerders van sy troepe wees en ander sal sy landerye ploeg en oes; nog ander sal vir hom wapens maak en toerusting vir sy strydwaens.
13. “Julle dogters sal hy vat om vir hom salf te meng, en om te kook en te bak.
14. Hy sal die beste landerye, wingerde en olyfboorde vir hom vat en aan sy amptenare gee.
15. Hy sal ’n tiende van julle oeste neem en dit ook aan sy amptenare en personeel gee.
16. “Julle slawe en slavinne, die beste van julle jong manne en julle donkies sal hy neem en vir sy eie werk gebruik.
17. Hy sal ’n tiende van julle kleinvee vat. Julle sal niks anders as sy slawe wees nie.
18. “Wanneer dit gebeur, sal julle om hulp roep oor die koning wat julle verkies het, maar dan sal die Here julle nie antwoord nie.”
19. Maar die volk wou nie na Samuel se waarskuwings luister nie. “Nee, ons wil nogtans ’n koning hê!” het hulle gesê.