1 Samuel 4:19-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

19. Eli se skoondogter, die vrou van Pinehas, was swanger en op haar laaste. Toe sy hoor dat die ark van God geneem is en dat haar man en skoonpa dood is, het geboortepyne haar oorval.

20. Terwyl sy geboorte gee, het sy gesterf. Voordat sy dood is, het die vroedvroue haar probeer opbeur: “Moenie bang wees nie,” sê hulle. “Jy het ’n seuntjie!” Sy het haar egter nie aan hulle gesteur nie,

21. maar die seuntjie Ikabod genoem en gesê: “Die eer is uit Israel weggeneem.” Daarmee het sy verwys na die ark van God wat gebuit is en omdat haar man en skoonpa dood was.

22. Sy het gesê: “Die eer is weggeneem uit Israel, want die ark van God is buitgemaak.”

1 Samuel 4