1 Samuel 4:13-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

13. Eli het langs die pad gesit en wag op nuus van die veldslag, want hy was bekommerd oor die ark van God. Toe die boodskapper daar aankom en vertel wat gebeur het, het die mense in die dorp hulle ontsteltenis uitgeskreeu.

14. “Waaroor is al die geraas en oproer?” het Eli gevra.Die boodskapper het na Eli toe gehardloop.

15. Eli was 98 jaar oud en byna blind.

16. Hy sê vir Eli: “Ek kom so pas van die oorlogsfront af.”“Wat het gebeur?” vra Eli.

17. “Israel is verslaan,” antwoord die boodskapper, “en baie Israeliete het gesneuwel. U twee seuns, Hofni en Pinehas, het ook gesneuwel en die ark van God is buitgemaak.”

18. Toe die boodskapper sê wat met die ark gebeur het, het Eli daar by die poort agteroor van sy stoel af geval. Hy het sy nek gebreek en gesterf, want hy was baie oud en oorgewig. Hy het Israel 40 jaar lank gelei.

19. Eli se skoondogter, die vrou van Pinehas, was swanger en op haar laaste. Toe sy hoor dat die ark van God geneem is en dat haar man en skoonpa dood is, het geboortepyne haar oorval.

1 Samuel 4