1 Kronieke 9:6-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Van die Seraggroep het Jeüel en sy familie teruggekeer.Altesame 690 families van die stam van Juda het teruggekom.

7. Van die stam van Benjamin het Sallu, seun van Mesullam, seun van Hodauja, seun van Senua,

8. Jibneja, seun van Jerogam, Ela, seun van Ussi, seun van Mikri, en Mesullam, seun van Sefatja, seun van Reüel, seun van Jibnija teruggekom.

9. Hierdie manne was almal leiers van families, en hulle name is opgeteken in die geslagsregister. Altesame 956 mense van die stam van Benjamin het teruggekom.

10. Tussen die priesters wat teruggekom het, was Jedaja, Jojarib, Jakin

11. en Asarja, seun van Gilkija, seun van Mesullam, seun van Sadok, seun van Merajot, seun van Agitub. Asarja was die hoofamptenaar van die huis van God.

12. Ander priesters wat gekom het, was Adaja, seun van Jerogam, seun van Pasgur, seun van Malkija, en Masai, seun van Adiël, seun van Jagsera, seun van Mesullam, seun van Mesillemot, seun van Immer.

13. Altesame 1 760 priesters het teruggekom. Hulle was leiers van families en bekwame manne. Hulle was verantwoordelik om in die huis van God te dien.

14. Die Leviete wat teruggekom het, was Semaja, seun van Gassub, seun van Asrikam, seun van Gasabja, ’n afstammeling van Merari,

15. Bakbakkar, Geres, Galal, Mattanja, seun van Miga, seun van Sikri, seun van Asaf,

16. Abda, seun van Sammua, seun van Galal, seun van Jedutun, en Berekja, seun van Asa, seun van Elkana wat in die gebied van Netofa gebly het.

17. Die poortwagters wat teruggekom het, was Sallum, Akkub, Talmon, Agiman en hulle familie. Sallum was die hoofpoortwagter.

18. Voor hierdie tyd was hulle verantwoordelik vir die koningspoort aan die oostekant. Hierdie manne was die poortwagters vir die kampe van die Leviete.

19. Sallum was die seun van Kore, ’n afstammeling van Abiasaf, van die Koraggroep. Hy en sy familie, die Koragiete, was verantwoordelik om die ingang na die heiligdom te beskerm, net soos hulle voorouers die tabernakel in die kamp van die Here beskerm het.

20. Pinehas, seun van Eleasar, was vroeër in beheer van die poortwagters, en die Here was met hom.

21. Later was Sagaria, seun van Meselemja, verantwoordelik om die ingang na die tent van ontmoeting te beskerm.

22. Altesame was daar 212 poortwagters in daardie dae, en hulle name is almal in geslagsregisters in hulle dorpe opgeteken. Dawid en die siener Samuel het hulle voorouers aangestel omdat hulle betroubare manne was.

23. Hulle en hulle afstammelinge was verantwoordelik om die ingang na die huis van die Here te beskerm, die huis wat voorheen ’n tent was.

1 Kronieke 9