1 Kronieke 6:8-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. Agitub was die pa van Sadok. Sadok was die pa van Agimaäs.

9. Agimaäs was die pa van Asarja. Asarja was die pa van Joganan.

10. Joganan was die pa van Asarja, die hoëpriester by die tempel wat Salomo in Jerusalem gebou het.

11. Asarja was die pa van Amarja. Amarja was die pa van Agitub.

12. Agitub was die pa van Sadok. Sadok was die pa van Sallum.

13. Sallum was die pa van Gilkija. Gilkija was die pa van Asarja.

14. Asarja was die pa van Seraja. Seraja was die pa van Josadak,

15. wat in ballingskap gegaan het toe die Here die mense van Juda en Jerusalem in ballingskap onder Nebukadnesar weggevoer het.

16. Die seuns van Levi was Gerson, Kehat en Merari.

17. Die afstammelinge van Gerson was Libni en Simi.

18. Die seuns van Kehat was Amram, Jishar, Hebron en Ussiël.

19. Die seuns van Merari was Magli en Musi. Die volgende is die families van die Leviete, volgens hulle voorouers:

20. Die afstammelinge van Gerson was Libni, Jagat, Simma,

1 Kronieke 6