1 Kronieke 6:32-36 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

32. In die tabernakel, die tent van ontmoeting, het hulle met musiek gedien totdat Salomo die tempel vir die Here in Jerusalem gebou het. Toe het hulle aangehou met hulle werk, volgens al die regulasies wat aan hulle oorgelewer is.

33. Hier is die manne wat gedien het, saam met hulle seuns: Heman die sanger was van die Kehatgroep. Sy geslagsregister gaan terug na Joël, Samuel,

34. Elkana, Jerogam, Eliël, Togu,

35. Suf, Elkana, Magat, Amasai,

36. Elkana, Joël, Asarja, Sefanja,

1 Kronieke 6