1 Kronieke 6:29-49 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

29. Die seuns van Merari was Magli, Libni, Simi, Ussa,

30. Sima, Gaggija en Asaja.

31. Dawid het die volgende mense aange-stel om die musiek in die huis van die Here te lei ná hy die ark daar ingebring het.

32. In die tabernakel, die tent van ontmoeting, het hulle met musiek gedien totdat Salomo die tempel vir die Here in Jerusalem gebou het. Toe het hulle aangehou met hulle werk, volgens al die regulasies wat aan hulle oorgelewer is.

33. Hier is die manne wat gedien het, saam met hulle seuns: Heman die sanger was van die Kehatgroep. Sy geslagsregister gaan terug na Joël, Samuel,

34. Elkana, Jerogam, Eliël, Togu,

35. Suf, Elkana, Magat, Amasai,

36. Elkana, Joël, Asarja, Sefanja,

37. Tagat, Assir, Abiasaf, Korag,

38. Jishar, Kehat, Levi en Israel.

39. Heman se eerste assistent was Asaf van die Gersongroep. Asaf se geslagsregister gaan terug na Berekja, Sima,

40. Migael, Maäseja, Malkija,

41. Etni, Serag, Adaja,

42. Etan, Simma, Simi,

43. Jagat, Gerson en Levi.

44. Heman se tweede assistent was Etan van die Merarigroep. Etan se geslagsregister gaan terug na Kusaja, Abdi, Malluk,

45. Gasabja, Amasia, Gilkija,

46. Amsi, Bani, Semer,

47. Magli, Musi, Merari en Levi.

48. Hulle familie, ook Leviete, is aangestel om verskeie take in die tabernakel, die huis van God, te verrig.

49. Net Aäron en sy afstammelinge het as priesters gewerk. Hulle het die offers op die brandofferaltaar en die wierookaltaar aangebied, en al die ander werk in die Allerheiligste gedoen. So het hulle Israel met God versoen deur al die bevele te volg wat Moses, die kneg van God, gegee het.

1 Kronieke 6