1 Kronieke 6:19-28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

19. Die seuns van Merari was Magli en Musi. Die volgende is die families van die Leviete, volgens hulle voorouers:

20. Die afstammelinge van Gerson was Libni, Jagat, Simma,

21. Joag, Iddo, Serag en Jeatrai.

22. Die afstammelinge van Kehat was Amminadab, Korag, Assir,

23. Elkana, Abiasaf, Assir,

24. Tagat, Uriël, Ussia en Saul.

25. Die afstammelinge van Elkana was Amasai, Agimot en Elkana.

26. Die seuns van Elkana was Suf, Nagat,

27. Eliab, Jerogam, Elkana en Samuel.

28. Die seuns van Samuel was Joël, die oudste, en Abia, die tweede seun.

1 Kronieke 6