1 Kronieke 5:7-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. Beëra se familie is in die geslagsregister van hulle families opgeneem: Jeïel, die leier, Sagaria

8. en Bela, seun van Asas, seun van Sema, seun van Joël.Hierdie Rubeniete het in die gebied geleef wat strek van Aroër tot by Nebo en Baäl-Meon.

9. Omdat hulle so baie vee in die land Gilead gehad het, het hulle na die ooste uitgesprei tot by die rand van die woestyn wat na die Eufraatrivier uitstrek.

10. In die tyd toe Saul koning was, het die Rubeniete die Hagareërs in die oorlog verslaan. Hulle het toe in die Hagareërs se dorpies gaan bly, al langs die oostelike kant van Gilead.

11. Oorkant die Rubeniete in die land Basan het die afstammelinge van Gad gebly, tot so ver oos as Salka.

12. Joël was die leier in die land Basan, en Safam was tweede in bevel, saam met Janai en Safat.

13. Hulle familie, die leiers van sewe ander families, was Migael, Mesullam, Seba, Jorai, Jakan, Sia en Eber.

14. Hulle was almal afstammelinge van Abigajil, seun van Guri, seun van Jaroag, seun van Gilead, seun van Migael, seun van Jesisai, seun van Jagdo, seun van Bus.

15. Agi, seun van Abdiël, seun van Guni, was die leier van hulle families.

16. Die Gadiete het in die land Gilead gebly, in Basan en sy dorpies en die hele Saronplein.

1 Kronieke 5