1 Kronieke 4:20-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

20. Die seuns van Simon was Amnon, Rinna, Ben-Ganan en Tilon. Die afstammelinge van Jisi was Soget en Ben Soget.

21. Sela was een van Juda se seuns. Die afstammelinge van Sela was Er, die pa van Leka, Lada, die pa van Maresa, die families van linnewewers van Bet-Asbea,

22. Jokim en die mense van Koseba, Joas en Saraf, wat oor Moab en Jasubi-Legem geheers het. Hierdie name kom almal uit antieke rekords.

23. Hulle was die pottebakkers wat in Netaïm en Gedera gewoon het. Hulle het vir die koning gewerk.

24. Die seuns van Simeon was Jemuel, Jamin, Jarib, Serag en Saul.

25. Die afstammelinge van Saul was Sallum, Mibsam en Misma.

1 Kronieke 4