1 Kronieke 3:9-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. Hulle was die seuns van Dawid, behalwe die seuns van sy byvroue. Dawid het ook ’n dogter met die naam Tamar gehad.

10. Die afstammelinge van Salomo was Rehabeam, Abia, Asa, Josafat,

11. Joram, Ahasia, Joas,

12. Amasia, Asarja, Jotam,

13. Agas, Hiskia, Manasse,

14. Amon en Josia.

15. Die seuns van Josia was Joganan, die oudste, Jojakim, die tweede, Sedekia, die derde, en Sallum, die vierde.

16. Jojakim is opgevolg deur sy seun Jojagin. Hý is weer opgevolg deur sy oom, Sedekia.

17. Die seuns van Jojagin, wat deur die Babiloniërs gevange geneem is, was Sealtiël,

18. Malkiram, Pedaja, Senassar, Jekamja, Hosama en Nedabja.

19. Die seuns van Pedaja was Serubbabel en Simi.Die seuns van Serubbabel was Mesullam en Gananja. Hy het ook ’n dogter met die naam Selomit gehad.

20. Sy vyf ander seuns was Gasuba, Ohel, Berekja, Gasadja en Jusab-Gesed.

1 Kronieke 3