1 Kronieke 3:5-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Die seuns wat vir hom in Jerusalem gebore is, is Sima, Sobab, Natan en Salomo. Batseba, die dogter van Ammiël, was die ma van hierdie seuns.

6. Dawid het ook nege ander seuns gehad: Jibgar, Elisua, Elpelet,

7. Noga, Nefeg, Jafia,

8. Elisama, Eljada en Elifelet.

9. Hulle was die seuns van Dawid, behalwe die seuns van sy byvroue. Dawid het ook ’n dogter met die naam Tamar gehad.

10. Die afstammelinge van Salomo was Rehabeam, Abia, Asa, Josafat,

11. Joram, Ahasia, Joas,

12. Amasia, Asarja, Jotam,

13. Agas, Hiskia, Manasse,

14. Amon en Josia.

15. Die seuns van Josia was Joganan, die oudste, Jojakim, die tweede, Sedekia, die derde, en Sallum, die vierde.

16. Jojakim is opgevolg deur sy seun Jojagin. Hý is weer opgevolg deur sy oom, Sedekia.

17. Die seuns van Jojagin, wat deur die Babiloniërs gevange geneem is, was Sealtiël,

18. Malkiram, Pedaja, Senassar, Jekamja, Hosama en Nedabja.

19. Die seuns van Pedaja was Serubbabel en Simi.Die seuns van Serubbabel was Mesullam en Gananja. Hy het ook ’n dogter met die naam Selomit gehad.

1 Kronieke 3