23. So het Salomo die troon in die plek van sy pa, Dawid, uit die hand van die Here ontvang. Dit het goed gegaan met hom, en die hele Israel het hom gehoorsaam.
24. Al die koninklike amptenare, leërbevelvoerders en selfs al Dawid se seuns het trou aan koning Salomo gesweer.
25. En die Here het Salomo verhoog sodat die hele Israel hom bewonder het. Hy het Salomo selfs meer koninklike eer gegee as enige koning van Israel voor hom.
26. So het Dawid, seun van Isai, oor die hele Israel regeer.
27. Hy het 40 jaar oor Israel regeer, sewe jaar in Hebron en 33 jaar in Jerusalem.
28. Hy is op ’n ryp ouderdom dood nadat hy ’n lang lewe, rykdom en eer geniet het. Sy seun Salomo het in sy plek regeer.