1 Kronieke 17:25-27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

25. “O my God, ek was dapper genoeg om hierdie gebed tot U te bid omdat U openbaar het dat U ’n huis vir my sal bou, ’n ewige koningshuis!

26. Want U is God, o Here. En U het hierdie goeie dinge oor my, u kneg, belowe.

27. Dit het U behaag om my en my familie te seën sodat ons koningshuis vir altyd voor U sal bestaan. Want wanneer U seën, o Here, is dit ’n ewige seën!”

1 Kronieke 17