1 Kronieke 1:46-54 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

46. Toe Gusam dood is, het Hadad seun van Bedad koning geword en in Awit regeer. Hy het die Midianiete se leër in die land Moab verslaan.

47. Toe Hadad dood is, het Samla uit die stad Masreka koning geword.

48. Toe Samla dood is, het Saul uit die stad Regobot-aan-die-Eufraatrivier koning geword.

49. Toe Saul dood is, het Baäl-Ganan seun van Akbor koning geword.

50. Toe Baäl-Ganan dood is, het Hadar koning geword en in die stad Paü regeer. Sy vrou was Mehetabel, dogter van Matred en kleindogter van Me-Sahab.

51. Toe het Hadar ook gesterf.Die stamleiers van Edom was Timna, Alwa, Jetet,

52. Oholibama, Ela, Pinon,

53. Kenas, Teman, Mibsar,

54. Magdiël en Iram. Hulle was die regeerders van Edom.

1 Kronieke 1