38. Die seuns van Seïr was Lotan, Sobal, Sibon, Ana, Dison, Eser en Disan.
39. Die seuns van Lotan was Gori en Hemam. Lotan se suster is Timna genoem.
40. Die seuns van Sobal was Alwan, Managat, Ebal, Sefi en Onam. Die seuns van Sibon was Aja en Ana.
41. Die seun van Ana was Dison. Die seuns van Dison was Gemdan, Esban, Jitran en Keran.
42. Die seuns van Eser was Bilhan, Saäwan en Akan. Die seuns van Disan was Us en Aran.
43. En dit is die konings wat in die land Edom regeer het voordat daar konings in Israel was: Bela, seun van Beor, het oor sy stad Dinhaba regeer.
44. Toe Bela dood is, het Jobab seun van Serag uit Bosra koning geword.
45. Toe Jobab dood is, het Gusam uit die land van die Temaniete koning geword.
46. Toe Gusam dood is, het Hadad seun van Bedad koning geword en in Awit regeer. Hy het die Midianiete se leër in die land Moab verslaan.
47. Toe Hadad dood is, het Samla uit die stad Masreka koning geword.
48. Toe Samla dood is, het Saul uit die stad Regobot-aan-die-Eufraatrivier koning geword.
49. Toe Saul dood is, het Baäl-Ganan seun van Akbor koning geword.