1 Kronieke 1:3-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. Henog, Metusalag, Lameg

4. en Noag. Die seuns van Noag was Sem, Gam en Jafet.

5. Die seuns van Jafet was Gomer, Magog, Madai en Jawan, Tubal, Mesek en Tiras.

6. Die seuns van Gomer was Askenas, Rifat en Togarma.

7. Die seuns van Jawan was Elisa, Tarsis, die Kittiërs en Rodaners.

8. Die seuns van Gam was Kus, Misraim, Put en Kanaän.

9. Die seuns van Kus was Seba, Gawila, Sabta, Rama en Sabteka. Die seuns van Rama was Skeba en Dedan.

10. Kus was ook die pa van Nimrod, wat oor die hele aarde as ’n heldhaftige soldaat bekend geword het.

11. Uit Misraim het gekom die Ludeërs, Anammers, Lehabeërs, Naftoagiete,

12. Patrosane, Kaslugiete – waaruit die Filistyne voortgekom het – en die Kaftoriete.

13. Kanaän se oudste seun was Sidon. Kanaän was ook die voorvader van die Hetiete,

14. Jebusiete, Amoriete, Girgasiete,

15. Hewiete, Erekiete, Siniete,

16. Arwadters, Semariërs en Hamatiete.

17. Die seuns van Sem was Elam, Assirië, Arpaksad, Lud en Aram. Die seuns van Aram was Us, Gul, Geter en Mesek.

1 Kronieke 1