1 Korintiërs 7:30-32 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

30. Om bly of hartseer te wees, of dinge te kan aankoop mag nie in die pad staan van die Here se werk nie.

31. Dié wat gebruik maak van die dinge van hierdie wêreld, moenie daaraan geheg raak nie. Want hierdie bedeling gaan verby.

32. Ek wil hê dat julle in alles wat julle doen, vry moet wees van die kwellinge van hierdie lewe. ’n Ongetroude man is begaan oor die dinge van die Here; oor hoe hy die Here kan gelukkig maak.

1 Korintiërs 7