1 Korintiërs 15:6-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Daarna het Hy aan meer as 500 van sy volgelinge tegelyk verskyn. Van hulle leef die meeste nou nog, maar party is reeds dood.

7. Daarna het Hy aan Jakobus verskyn en later aan al die apostels.

8. Heel laaste van almal het Hy ook aan my verskyn, asof ek ontydig gebore is.

9. Ek is werklikwaar die geringste van al die apostels, een wat die naam van ’n apostel nie werd is nie omdat ek God se kerk vervolg het.

1 Korintiërs 15