1 Konings 7:39-45 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

39. Hy het vyf waentjies aan die suidekant van die tempel gesit en die ander vyf aan die noordekant. Die waterbak het hy by die suidoostelike hoek van die tempel gesit.

40. Verder het hy ook wasbakke, grawe en komme vir besprinkeling gemaak.So het Hiram alles voltooi wat koning Salomo aan hom opgedra het vir die bou van die tempel vir die Here. Dit was:

41. twee pilare, twee komvormige skywe bo-op die pilare, twee rye kettings rondom wat die kapitele versier het;

42. 400 granate wat aan die kettings van die kapitele gehang het (dit is twee rye granate vir elke ry kettings wat rondom die kapitele bo-op die pilare gehang het);

43. die tien waterwaentjies met hulle tien wasbakke;

44. die waterbak met die twaalf beeste daaronder;

45. die potte, grawe en komme vir besprinkeling.Al hierdie toebehore wat Hiram vir die tempel van die Here vir Salomo gemaak het, was van gepoleerde brons.

1 Konings 7