1 Konings 4:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Koning Salomo het nou oor die hele Israel regeer.

2. Sy hoofamptenare was die volgende:Asarja seun van Sadokwas die hoëpriester.

3. Eligoref en Agija, die seuns van Sisa,was hofsekretarisse.Josafat seun van Agilud was die geskiedskrywer.

4. Benaja seun van Jojadawas opperbevelvoerder van die leër.Sadok en Abjatar was die priesters.

5. Asarja seun van Natanwas oor die streekbestuurders.Sabud seun van Natan was ’n priesteren die koning se persoonlikeraadgewer.

1 Konings 4