1 Konings 22:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Drie jaar lank was daar geen oorlog tussen Aram en Israel nie.

2. Gedurende die derde jaar het koning Josafat van Juda vir koning Agab van Israel gaan besoek.

3. Tydens die besoek sê Agab vir sy amptenare: “Besef julle dat die Arameërs nog steeds ons stad Ramot-Gilead beset? En ons het niks daaraan gedoen nie!”

1 Konings 22